
Omslag is effens beskadig / verkeerd
gedruk
- ‘n Werboek vir Graad 4 -
"Wiskunde is Pret" is ‘n reeks werkboeke vir grade 3 tot 7, saamgestel vir die progressiewe ontwikkeling van Wiskunde. Die "Wiskunde is Pret" Graad 4 Werkboek vorm deel van hierdie reeks.
Die boek is geskryf met die oog op bevrediging van die behoefte aan die verduideliking van basiese konsepte van Wiskunde op ‘n praktiese wyse wat maklik verstaan word. Verdermeer is verskeie van die opdragte ontwikkel om leerders aan te moedig om in klein groepe van mekaar te leer. Op hierdie wyse word die gaping tussen suiwer kennis en die toepassing daarvan vernou.
Die bemeestering van die ‘Wiskunde is Pret" reeks vind op dieselfde wyse plaas as waarop ‘n piramide gebou word, d.w.s. op die progressiewe opbou van kennis op ‘n vaste basis. Die tegnieke wat in die werkboek aangeleer word, vorm dan die basis vir die begrip van uitkomsgebasseerde wiskunde.
Die belangrikste taak van die opvoeder, bly egter die voorbereiding, verduideliking en toepassing van die essensiële wiskunde tegnieke wat vereis word om die leerder in staat te stel om die meeste voordeel te trek uit uikomsgebasseerde onderrig in die hoër grade. Die werkboekkonsep stel die leerder in staat om die boek "leerder-vriendelik" te maak en derhalwe meer toeganklik vir latere verwysing.
Ouers word toenemend ernstig oor die belangrikheid van hul rol in die opleiding van hul kinders. Dikwels voel hulle verlore wanneer hul kinders nie kan verduidelik wat dit is wat hulle nie kan verstaan van hulle skoolwerk nie. "Wiskunde is Pret" spreek hierdie dilemma aan in die sin dat verduidelikings duidelik is en eenvoudig gestel word om sodoende beide leerder en ouer in staat te stel om die begrip te verstaan.
Indien die leerder die werkboek self koop, het die leerder die voordeel om in ‘n volgende graad terug te kan verwys indien daar die behoefte ontstaan.
- GR.4 -
MODULE 1:
Leeruitkoms 1
Historiese getalle, ons getallestelsel, tel, ordening van getalle, plekwaarde, afronding, ewe en onewe getalle, veelvoude, metodes van optelling, metodes van aftrekking, breuke, geld, eweredigheid, verdubbeling, faktore en veelvoude, deling as inverse van vermenigvuldiging.
Leeruitkoms 2
Intervalle van getalrye, partone, grafieke, skryf van getallesinne, oplos van getallesinne.
Leeruitkoms 3
Herken en benoem sirkels en veelhoeke, teken van vorms.
Leeruitkoms 4
Lees en skryf van tyd, gebruik van verskillende meetinstrumente.
MODULE 2:
Konsolideringsoefening
Leeruitkoms 1
Telgetalle, probleemoplossing, metodes van vermenigvuldiging, deling deur 1 en veelvoude van 10, tel in breukintervalle, breukgedeeltes van hoeveelhede, ordening van breuke.
Leeruitkoms 2
Getalpatrone, tabelle, vloeidiagramme, oopgetalsinne, oplos van getallesinne, kulturele patrone en ontwerpe.
Leeruitkoms 3
Vorms en voorpwerpe in omgewing, beskryf en sorteer van voorwerpe, simmetrie.
Leeruitkoms 4
Massa, tyd
Leeruitkoms 5
Insameling en voorstelling van data.
MODULE 3:
Konsolideringsoefening
Leeruitkoms 1
Metodes van deling, ekwivalente breuke en optelling van breuke, tiendes.
Leeruitkoms 2
Lees en interpretering van grafieke, teken van grafieke.
Leeruitkoms 3
Beskryf, sorteer en vergelyk drie-dimensionele voorwerpe. Bou modelle.
Leeruitkoms 4
Lengte, inhoud.
Leeruitkoms 5
Opsomming en interpretering van data.
MODULE 4:
Konsolideringsoefening
Leeruitkoms 1
Breuke: konsolidering, desimale breuke.
Leeruitkoms 2
Interpretering van grafieke, numeriese patrone, ewe-, onewe- en opeenvolgende getalle, vloeidiagramme, algebraïese getallesin.
Leeruitkoms 3
Simmetrie, tessellasie, Suid-Afrikaanse kunswerke, aangesig van voorwerpe in verskillende posisies.
Leeruitkoms 4
Omtrek, oppervlakte en volume.
Leeruitkoms 5
Piktogramme, sortering van data, waarskynlikheid.
Hersieningsoefening
NNA Stationers
At NNA Stationers our main aim is to make mathematics as accessible as possible, to the learner, educator and parent.
This workbook sets a standard which enables the learner to successfully progress to the next grade.