Wiskunde is Pret Gr.3

SKU 1-920064-19-2

WISKUNDE IS PRET

- ‘n Werboek vir Graad 3 -

 

"Wiskunde is Pret" is ‘n reeks werkboeke vir grade 3 tot 7,  saamgestel vir die progressiewe ontwikkeling van Wiskunde.  Die "Wiskunde is Pret" Graad 3 Werkboek vorm deel van hierdie reeks. 

 

Die boek is geskryf met die oog op bevrediging van die behoefte aan die verduideliking van basiese konsepte van Wiskunde op ‘n praktiese wyse wat maklik verstaan word.  Verdermeer is verskeie van die opdragte ontwikkel om leerders aan te moedig om in klein groepe van mekaar te leer.  Op hierdie wyse word die gaping tussen suiwer kennis en die toepassing daarvan vernou.

 

Die bemeestering van die ‘Wiskunde is Pret" reeks vind op dieselfde wyse plaas as waarop ‘n piramide gebou word, d.w.s. op die progressiewe opbou van kennis op ‘n vaste basis.  Die tegnieke wat in die werkboek aangeleer word, vorm dan die basis vir die begrip van uitkomsgebasseerde wiskunde.

 

Die belangrikste taak van die opvoeder, bly egter die voorbereiding, verduideliking en toepassing van die essensiële wiskunde tegnieke wat vereis word om die leerder in staat te stel om die meeste voordeel te trek uit uikomsgebasseerde onderrig in die hoër grade.  Die werkboekkonsep stel die leerder in staat om die boek "leerder-vriendelik" te maak en derhalwe meer toeganklik vir latere verwysing.

 

Ouers word toenemend ernstig oor die belangrikheid van hul rol in die opleiding van hul kinders.  Dikwels voel hulle verlore wanneer hul kinders nie kan verduidelik wat dit is wat hulle nie kan verstaan van hulle skoolwerk nie.  "Wiskunde is Pret" spreek hierdie dilemma aan in die sin dat verduidelikings duidelik is en eenvoudig gestel word om sodoende beide leerder en ouer in staat te stel om die begrip te verstaan.

 

Indien die leerder die werkboek self koop, het die leerder die voordeel om in ‘n volgende graad terug te kan verwys indien daar die behoefte ontstaan.

    List Price R 237.44
    Your Price R 189.95
    You Save R 47.49
    Quantity
     

    Customer Reviews


    Write A Review